Roosj Hasjana

Sjofar, kenteken van Roosj Hasjana
Tradisionele kos vir Roosj Hasjana: Appels gedoop in heuning, granate en wyn vir kiddoesj
Bord met konfyt vir Roosj Hasjana
Tasjliech doen

Roosj Hasjana (Hebreeus: ראש השנה, hoof van die jaar) is die Joodse nuwejaar, wat twee dae duur en plaasvind op die eerste en tweede dag van die eerste Joodse maand Tisjrie (volgens die Gregoriaanse kalender in September of Oktober).Roosj Hasjana is 'n tyd van gebed en inkeer, en in die sinagoge word die sjofar (ramshoring) honderd keer geblaas. Die Jode wens mekaar sjana towa, wat 'gelukkige nuwejaar' beteken, eet appels met heuning en doen tasjliech.

Die fees Roosj Hasjana is ingestel in Wajikra/Levitikus 23,24[1] en Bemidbar/Numeri 29,1[2] maar die eerste aanduiding van viering is in Jegezkel/Esegiël 40,1.[3]

  1. (af) "Levitikus 23,24". Bybel: Levitikus. Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Besoek op 11 Januarie 2019. "Sê vir die Israeliete: Die eerste dag van die sewende maand moet 'n rusdag wees, 'n gedenkdag wat met die blaas van ramshorings aangekondig word, 'n gewyde byeenkoms.
  2. (af) "Numeri 29,1". Bybel: Numeri. Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Besoek op 11 Januarie 2019. "Op die eerste van die sewende maand moet daar vir julle 'n gewyde byeenkoms wees; dan mag julle geen gewone werk doen nie. Dit is 'n dag vol feesvreugde vir julle.
  3. (af) "Esegiël 40,1". Bybel: Esegiël. Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Besoek op 11 Januarie 2019. Dit was die tiende dag van die nuwe jaar, die vyf en twintigste jaar van ons ballingskap en die veertiende jaar nadat Jerusalem verwoes is. Presies op dié dag het die mag van die Here my in besit geneem en my

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search